Wednesday, March 07, 2007

Die Rooi en Blou Skaaphond

Ongelukkig het die foto's van die Rooi en blou skaaphond nie so lekker uit gekom nie, sy hare is sooo wit, dit blink te veel en lyk amper nie eers gekleur nie ...dis nou buite in die son en deur die kamera se persepsie. ....dit laat 'n mens dink ne? As hulle baba robbetjies doodmaak vir hulle pelse, kan ek nie dalk 'n paar rand maak as ek so 2 keer 'n jaar Josef se pels "oes" nie?
In elk geval, as daar ooit weer 'n hond kleur episode is, gan ek my nie weer laat vang nie, ek gaan sommer iets soos PVC of enamal verf gebruik, soos 'n klein batchelors skaaphondjie oppad troue toe (....nou's Barry bang, want as ons sy hare verf gaan dit waarskynlik nooit weer terug groei nie)
As jy nie vang wat hier aan gaan nie, ek gedink dit sal snaaks wees om my ma se skaaphond te kleur ....hulle het nie heeltemal die humor in gesien nie, hulle het gedink dis 'n diep innerlikke kreet na hulp!!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home