Wednesday, March 07, 2007
Ongelukkig het die foto's van die Rooi en blou skaaphond nie so lekker uit gekom nie, sy hare is sooo wit, dit blink te veel en lyk amper nie eers gekleur nie ...dis nou buite in die son en deur die kamera se persepsie. ....dit laat 'n mens dink ne? As hulle baba robbetjies doodmaak vir hulle pelse, kan ek nie dalk 'n paar rand maak as ek so 2 keer 'n jaar Josef se pels "oes" nie?
In elk geval, as daar ooit weer 'n hond kleur episode is, gan ek my nie weer laat vang nie, ek gaan sommer iets soos PVC of enamal verf gebruik, soos 'n klein batchelors skaaphondjie oppad troue toe (....nou's Barry bang, want as ons sy hare verf gaan dit waarskynlik nooit weer terug groei nie)
As jy nie vang wat hier aan gaan nie, ek gedink dit sal snaaks wees om my ma se skaaphond te kleur ....hulle het nie heeltemal die humor in gesien nie, hulle het gedink dis 'n diep innerlikke kreet na hulp!!
Saturday, November 11, 2006
....n slang in die grasssssss
Hey Pappie, hier in Afrika speel ons nie!!
Kyk hierdie slang wat ek gevang het, sommer gou tussen my golf game deur
Thursday, October 26, 2006
SA Champs!!!
Charles het weer die Natural SA's gewen, baie geluk buddy
....altyd trots op my mede speedo-oficer!!!
(maak ook seker jy kyk na die "before" foto wat onder die speedo police groep val waar Charles die Bal in 'n Met-Rx Strongman pose hou ....note the enormaty of the gut)
en het Howard ook die senior naturals gewen ....ek weet nou nie of hy in die veteran groep ingeskryf het nie, maat hy't gewen
Howard is my Gym mentor/guru ....alles wat ek weet van gym oefeninge af, kom van hom af ....ek hoop om eendag net so flambojant soos hy te wees, en dis nie dat hy soos 'n pakkie peanuts in 'n kondoom lyk nie, maar oor hy n PINK SPEEDO DRA!!!! ...verwag maar so nommertjie in die jaar se speedo police ekskursies!
Wednesday, September 13, 2006
Thursday, August 03, 2006
Monday, July 31, 2006
Monday, July 17, 2006
Daar is 2 modes wat ek wil terug bring
1. die lang sidies baard (vir die ware mans wat kan). Dis so effense Hill Billy look, maar wie kan stry? In jou hart weet jy eintlik dis regtig cool!!
en 2. die speedo (die nr.1 swembroek in die 80's) ...ek soek nog daai foto's, maar hulle kom reguit web toe as ek hulle kry!!!
Iemand het gesê ek moet meer onlangse foto's op die web sit van myself ...asof daar nie genoeg foto's van my op hierdie site is nie, maar dis seker hoekom dit my site is, nè?
so, julle kry my terminator pic
en die pic wat ek op my koshuis kamer se deur gesit het...
en natuurlik, raai wie't graad gekry?